Wolhaarmammoet

Wolhaarmammoet
Tydperk: Pleistoseen – vroeë Holoseen 0.15–0.004 m. jaar gelede
’n Model in die Royal BC Museum in Victoria, Kanada.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
M. primigenius
Binomiale naam
Mammuthus primigenius
Blumenbach, 1799
Sinonieme
  • Elephas primigenius Blumenbach, 1799
  • Elephas mammonteus Cuvier, 1799
  • Mammuthus boreus Brookes, 1828
  • Mammonteus primigenius Osborn, 1924
  • Elephas boreus Hay, 1924

Die wolhaarmammoet of wollerige mammoet (Mammuthus primigenius) was ’n spesie mammoete wat in die Pleistoseen-epog geleef het en was die laaste in ’n lyn mammoetspesies wat begin het by die Mammuthus subplanifrons in die vroeë Plioseen. Die wolhaarmammoet het 400 000 jaar gelede in Oos-Asië van die steppe-mammoet afgeskei. Sy naaste lewende verwant is die Asiatiese olifant.

Hierdie diere is van die prehistoriese diere waarvan die voorkoms en gedrag die beste bestudeer is danksy die ontdekking van bevrore karkasse in Siberië en Alaska, sowel as geraamtes, tande, maaginhoud, mis en uitbeeldings in prehistoriese grottekeninge. Die oorskotte van mammoete was lank reeds in Asië bekend voordat dit in die 17de eeu in Europa bekend geword het. Daar was lank debatte oor die oorsprong van die oorblyfsels, en baie het gemeen dis die oorskotte van legendariese diere. Georges Cuvier het die mammoet in 1796 geïdentifiseer as ’n uitgestorwe olifantspesie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search